1 + 1 + 1 = 1

  • VADERSKEP
  • SEUNVERLOS                                    
  • HEILIGE  GEES - MAAK HEILIG

DRIE-EENHEID” beteken dat binne-in die wese van een God, daar drie duidelike onderskeibare persone is. (As Christene glo ons dat die Vader, Seun en Heilige Gees een en die enigste God is.) Wat God se wese betref, kan ons sê dat Hy enkelvoudig is en wat sy persoon betref, Hy drievoudig is.

 
  • Die Vader begeer ‘n verhouding met mense –1 Joh.3:1
  • Die Seun maak die Vader sigbaar / bekend aan ons – Joh.14:9    
  • Die Heilige Gees is God in jou – Rom.8:15-16

Die eienskappe wat in die Seun en die Heilige Gees vertoon word, is ook openbarings van die Vader.


  • Vader  trekdie mens/sondaar na Hom toe,
  • Heilige Gees ooruigdie mens van sondes en dat daar ‘n God is,
  • Jesus (Redder) verlos die mens/sondaar,
  • Jesus (Redder) verlos die mens/sondaar,

(In gebed)
Die Vader ontvang ons versoeke in Jesus se naam en ons gebede word deur die Heilige Gees geïnspireer.


vader
    God het in Jesus Christus vlees geword. Deur Hom is alle dinge geskep, en word die karakter van God geopenbaar, die verlossing van die mensdom volbring, en die mensdom geoordeel. Vir ewig waarlik God, het Hy ook mens, Jesus die Christus, geword. Hy is deur die Heilige Gees ontvang en uit die Maagd Maria gebore. Hy het soos ‘n mens gelewe en versoeking ondervind, maar die geregtigheid en liefde van God volmaak beliggaam. Deur Sy wonderwerke het Hy Gods krag geopenbaar en is Hy as die beloofde Messias van God bevestig. Hy het vrywillig vir ons sondes en in ons plek aan die kruis gely en gesterf, is uit die dode opgewek, en het opgevaar om in die hemelse heiligdom vir ons in te tree. Hy sal in heerlikheid terugkeer vir die finale verlossing van Sy volk en die herstel van alle dinge.