30 JULIE 2009
VROUE NA GOD SE HART
VROUE WAT KAN: vroue met stemme en party daarsonder.
ANZELLE BEZUIDENHOUT

 
Laat ek begin deur te se dat mans en vroue is mekaar se vennote, in die begin geskape om mekaar aantevul. In Genesis word vertel dat mans en vroue verskillende rolle gehad het, maar tog vennote was om die stryd van die lewe as paar in te kan stap. En ‘n pad sal hulle stap….

Vroue is wel anders as mans geskape maar nie minder nie….Genesis 2:18

Goeie nuus vir vroue, julle mag maar opstaan en julle stemme laat bulder oor jul verhouding met ons Koning. Vroue het net sulke belangrike bybelse geskiedenis gemaak.

Die doel van hierdie stuk is om vroue bewus te maak van hul stem in God se huis, en dat die dae van stilbly en wegkruip verby is.

Die deel word nie geskryf om op enige tone te trap nie, maar om aan vroue wat kan en wat wil, meer vrymoedigheid te gee om op te staan en hulle stemme te laat hoor. Dit is so eenvoudig: “Staan op en maak ‘n verskil of bly le en kyk hoe mense vergaan.”  En as jy skuldig voel wanneer jy die deel lees is dit omdat jy weet jy moet getuig oor God se liefde en jy doen NIKS.  Probeer is nie genoeg, …………DOEN! Almal van ons kan bid, begin daar.

God begeer dat ons‘n verhouding met Hom sal he, en elke dag in Sy teenwoordigheid sal wandel. Hy wil Sy geheime met ons deel en ons as vroue gebruik om ons gemeenskappe na ‘n meer liefdevolle, passievolle plek met Hom as bron te verander, Hy wil ons wys hoe om beter vroue vir ons mans te wees en hoe om godvresende kinders groot te maak met heilige waardes wat nie sal terugval in die wereld nie.

God is besig om vroue oral oor op te rig, en die wonderwerk van ons tyd is dat hulle hoor as God roep, opstaan en gaan werk vir Hom. Vroue  is besig om op te staan en ongelooflike spreukbuise te word vir God. Die Heilige Gees is besig om vrouens te oortuig dat hulle moet begin praat oor wat God in hul lewens doen en hoe hulle gebede, hulle mans tot bekering en ontmoeting met die Vader gebring het. Iets wat ek nie verstaan nie is hoeveel vroue deesdae voor hulle mans die “priesterskap” in huisgesinne opneem en dan hulle mans na God toe lei. Ek kan sien en ek weet van baie vroue wat eerste na God toe beweeg het en die sleutel tot die gesin raak en daarna trek dit deur na die familie.


DIE OPGEWONDENHEID HIERIN, IS WANNEER DAARDIE MAN SY VOLWAARDIGE PLEK AS HOOF VAN DIE HUIS OPNEEM EN N PAD MET GOD BEGIN STAP, IS DAAR NIE OMKEER  NIE, DIT IS ASOF GOD DIT SO BEPLAN DEESDAE IN PARTY GEVALLE. DIE MANS RAAK GEESTELIKE “WARRIORS” EN ONS AS VROUENS KYK OP NA HULLE EN RESPEKTEER HULLE SOVEEL MEER WANNEER HULLE DIE GEESTELIKE LEIER IN DIE HUIS IS.

Wie ‘n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here. Spreuke 18:22

HIERDIE STUK  IS N PAAR GEDAGTES WAT AL LANK SAAM MY RONDLOOP.  AS N CHRISTEN EN WEDERGEBORE VROU STAAN EK OP EN TREK MY VERE REG, WANT HOOG EN VER GAAN EK NOG VLIEG VIR GOD EN DOEN WAT NODIG IS, EK ROEP VROUE DAT ONS SAAM STAAN AS CHRISTENE WAT HIER IS OM GEHOOR TE WORD EN GOD SE GENADE WEER UIT TE LEEF VIR ONS MEDE MENS. OM N VERSKIL TE MAAK IN ONS GEMEENSKAPPE EN OM GODVRESENDE GESINNE TE HERBOU.


TREK JULLE WAPENRUSTING AAN, WANT ONS GAAN LOOP MET  GEEN VREES, GODELIKE MAG EN OUTORITEIT OM GROND TE GAAN TERUG WEN IN DIE GEESTESWERELD. DIE DUIWEL HET GENOEG VAN ONS KOM SLAG, STEEL EN VERWOES.

“mag jy ‘n vrou wees wat so na aan God se hart is, dat as jy in die more wakker word, die duiwel sug en se….agnee sy’s wakker!!!”

 
LIEFDE
My gebed aan alle vroue is dat ons sal bid vir liefde. Goddelike liefde vir alle mense, vroue met liefde in hul harte wat sal werk om God se boodskap met deurdrenkte liefde daar buite te kry, sodat God se wil volbring kan word, sodat niemand verlore sal gaan nie, en nie in Satan se leuns vasgevang sal word nie. Dit is en bly God se doelgerigte wil vir die mens.

I GIVE YOU A NEW COMMANDMENT: THAT YOU SHOULD LOVE ONE ANOTHER. JUST AS I HAVE LOVED YOU, SO YOU TOO SHOULD LOVE ONE ANOTHER.
BY THIS SHALL ALL [MEN] KNOW THAT YOU ARE MY DISCIPLES, IF YOU LOVE ONE ANOTHER [IF YOU KEEP ON SHOWING LOVE AMONG YOURSELVES.]
JOHN 13: 34-35

PAULUS HET GESE:
AND SO FAITH, HOPE, LOVE ABIDE [FAITH-CONVICTION AND BELIEF RESPECTING MAN’S RELATION TO GOD AND DEVINE THINGS; HOPE-JOYFUL AND CONFIDENT EXPECTATION OF ETERNAL SALVATION; LOVE-TRUE AFFECTION FOR GOD AND MAN, GROWING OUT OF GOD’S LOVE FOR AND IN US], THESE THREE; BUT THE GREATEST OF THESE IS LOVE.
1 CORINTHIANS 13:13
The Amplified Bible

There is no key to happiness.  The door to Jesus is always open.

God is besig om vroue oral oor te besoek…….
 

Mag God se guns oor jou lewe wees.