HOE LYK DIE PERFEKTE VROU?
‘n Vrou wat………

  • God bo alles stel en intieme tyd saam Hom kan spandeer
  • Bid
  • God vertrou
  • God se stem hoor
  • Deur geloof gedra word
  • Haar gesin aan God oorgee
  • Kwaliteit tyd spandeer aan haar familie
  • Haar man met respek hanteer
  • Haar kinders met respek hanteer
  • Haar ouers met respek hanteer
  • God meer vrees as enige ander mens
  • Krag soek by die Heilige Gees
  • God se aangesig soek
  • God meer begeer as enige iets anders
  • God se karakter verstaan en daardie karakter in haar laat inbou
  • Genade vir ander het al verdien hulle dit nie
  • Die salwing van God soek
  • Evangelie verkondig
  • Heilig lewe
  • Jesus volg, en nie saam met die stroom swem nie
  • Bid dat God wonderwerke deur haar sal doen tot eer van Hom
  • Haar kruis opneem en die swaar pad stap
  • Bid vir haarself en vir ander
  • Sonde haat
  • Opreg lief het
  • God lief het en in Hom glo soos ‘n kind en nog kan lag en speel
  • God se guns soek en nie mense se guns nie
  • Nederig is
  • Godelike wysheid en kennis soek
  • Ywerig is vir God
  • Deur haar gees lewe en nie deur haar vlees nie
  • Haar tong kan beheer, en verstaan dat lewe in die tong le
  • Nie skinder nie
  • Op God se beloftes staan
  • Eerbaar is
  • Betroubaar is
  • Waardes het
  • Nie sleg praat van ander nie, en net die goeie in almal raak sien
  • Regverdig is
  • Verstaan wat eenheid is
  • Haar blydskap by die Here vind
  • Haar nie skaam om oor Jesus te praat nie
  • Nie materiele dinge najaag nie
  • Dankbare hart het, dis so mooi
  • Verstaan wat God se reddingsplan met die mens is en daarby sal aansluit
  • Nie rasisties is nie
  • Rein lewe
  • Weet daar is ‘n hemel en ‘n hel
  • In waarheid en Gees aanbid
  • Weet dat hulle in outoriteit staan deur Jesus Christus
  • ‘n Godelike verteenwoordiger is
  • Nooit kwaad gaan slaap nie
  • Nie die duiwel ‘n vatkans gee nie
 

(Ja daar is so iets soos ‘n perfekte vrou. God het jou geskape met al hierdie kenmerke, vat hulle net weer terug, MOENIE die feit dat jy na God se beeld geskape is, ligtelik opvat nie)



Copyright © 2009 Anzelle Bezuidenhout, All Rights Reserved.