Dink bietjie...

  • Wie is jy?
  • Wat is jou doel op aarde?
  • Waarheen is jy oppad?

Matteus 9:36-38
  1. Dink aan jouself voor jy gered was. Wat sou jy van jouself gedink het, as jy jouself sou kon ontmoet?
  2. Wat het God van jou gedink en oor jou gevoel?
  3. Wat dink jy van mense wat nie gered is nie?
  4. Wat dink Jesus van die mense wat nog nie gekies het nie, en nog sondig lewe?

Sjoe, ek sou dink die ou ek was baie hoogmoedig, geldgierig en selfsugtig. Het geen genade of liefde vir ander gehad nie. "My way, or NO way"

Die goeie nuus is, dat ons nie meer so oor onsself hoef te dink nie. Jesus het ons skuldbrief betaal en ons is vry van enige aanklagtes van die duiwel. En nog better nuus is dat God nog altyd lief was vir ons. Hy het nog altyd vir ons gewag en na ons geroep en gese: "My kind Ek het jou baie lief, kies My, kies lewe, Ek wag met 'n hart vol blydskap vir die dag wat jy na my toe sal kom!" Vir ons Hemelse Pappa bly ons altyd Sy kinders, Hy sal altyd daar wees en 'n verhouding met ons begeer, Hy onderskei tussen identiteit en optrede. Ons identiteit is, kinders van Die Almagtige God  wat ALLES gemaak het, en ons tree op volgens wat die wereld vir ons leer en voorhou as reg. Sien daar is 'n groot verskil.  Tot God se Gees ons nie oortuig het van die wereld se leeuns nie, sal Ons Vader altyd vashou aan 'n dag wat ons terug sal draai na Sy stem.

Kyk na alle mense deur God se oe. Met liefde, genade, passie, en hoop. Sien die mens en sien hoe mooi God se kinders is, God se hart is dat niemand verlore sal gaan nie.......voel jy dieselfde?

Jesus het vir almal gesterf, hoekom kies ons dan?
Hoekom wil ons better behandel word as die Seun van God?


God verdien heelhartige aanbidding en nie ‘n terloopse erkenning van Sy bestaan en almag nie.

OM BAIE VIR GOD TE WEES, BEHOORT JY BAIE MET GOD TE WEES.