My naam is Anzelle Bezuidenhout, ek is ‘n normale siel soos die meeste van ons, met geen kwalifikasies of groot letters agter my naam nie.

Ek wil van die begin af se, dat ek nog in God se leerskool is, en ek geniet elke oomblik daarvan. Ek het geen teologiese agtergrond nie, maar wat ek wel van kan getuig is dat God my hele lewe kom verander het. My oortuiging van God se liefde en aanvaarding sit in my hart.

Jesus het  hierdie simpel siel kom aanraak en my  van ewige hel gered, ek kan met niks terug betaal nie, maar wat ek wel gedoen het is om my lewe terug te gee aan Hom, aan my Vader wat my gemaak het. Ek wil my opgewondenheid met almal deel.  

Ek is aangeraak deur God om deel te wees van Sy stem op aarde, Jesus het gekom en gesterf sodat niemand verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he, en dit is ons Vader se hart

Ek en Soeleen Coetzee ( een van my vriendinne, wat dieselfde passie as ek deel, en ‘n lewende verhouding met ons Vader het.), bestuur ook twee “facebook” groepe deur die leiding van die Heilige Gees.

Die groepe is:

              www.africa4jesus.com

  • Have Gods heart for the harvest “facebook link”
      http://www.facebook.com/group.php?gid=144117219212&ref=mf

Ons wil vir almal in die facebook groepe en op die “website” wat vir ons bid en ondersteun, baie dankie se, mag God julle en julle families ryklik seen.
  • Vandag mag die begin van die res van jou lewe wees……..

As jy op die “website” af gekom het met geen doel nie, en nie vir Jesus ken nie, wil ek jou graag voorstel aan Hom, Of selfs net jou verhouding met die lewende God herstel.

Jesus het jou baie lief, Hy wil jou trane afdroog, Hy wil jou genees en jou seen met lewe!! Jy is spesiaal vir Hom!! Maak nie saak wie jy is of wat jy gedoen het nie, God het genade wat ons verstand nie kan uitwerk nie, en deur Sy genade kan ons enige iets oorwin.

Jesus het vir jou gesterf.


Dit is ook belangrik dat jy by ‘n geesvervulde kerk sal aansluit, wat op God se woord gebaseer is, waar jy sal groei.  Ware gelowiges praat nie net oor God se liefde en genade nie, hulle leef dit!! Hulle is nederig, en wil siele wen vir Jesus!!

Laat ander Jesus deur jou sien!!